Verenigde State | ||||
Unie | VSA Rugby (USAR) | |||
Bynaam(e) | die Arende | |||
Embleem | Die goue arend | |||
Afrigter(s) | Scott Lawrence (sedert 2023) | |||
Kaptein(s) | Greg Peterson | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Todd Clever (76)[1] | |||
Meeste toetspunte | Mike Hercus (465)[2] | |||
Meeste drieë | Vaea Anitoni (26)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Verenigde State 8–12 Australië (Berkeley, Kalifornië; 16 November 1912) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Verenigde State 91–0 Barbados
| ||||
Grootste nederlaag | ||||
Engeland 106–8 Verenigde State (Londen, Engeland; 21 Augustus 1999) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 8/10 (Eerste in 1987) | |||
Beste uitslag | Een oorwinning in 1987, 2003 en 2011 | |||
Unie webwerf | ||||
www.usa.rugby |
Die Verenigde State se nasionale rugbyspan (Engels: United States national rugby union team) is die nasionale rugbyspan wat die Verenigde State in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span dra die bynaam “die Arende” (the Eagles), na die Amerikaanse seearend (Haliaeetus leucocephalus), die nasionale voël van die Noord-Amerikaanse land. Rugby word in die Verenigde State geadministreer deur VSA Rugby (Engels: USA Rugby, USAR) wat in 1975 gestig is. Die Verenigde State word as die naasbeste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië) en deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Die Verenigde State se nasionale rugbyspan is tans (September 2024) 19de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Een voormalige Amerikaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.
Die Verenigde State het in 1912 hul internasionale rugbydebuut teen Australië gemaak. Tot rugby se terugkeer na die Olimpiese Spele tydens die Olimpiese Somerspele 2016 was die Verenigde State die titelhouer van die Olimpiese rugbykampioenskap, nadat hulle hul enigste teenstander tydens die Olimpiese Somerspele 1920 verslaan en tydens die Olimpiese Somerspele 1924 hul titel suksesvol verdedig het. Die Verenigde State het tot dusver vir agt van die tien rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer. Van 2003 tot 2011 het hulle deelgeneem aan die Churchillbeker, sedertdien speel die Verenigde State gereeld in die Stille Oseaan-nasiesbeker, waar hulle teen Fidji, Japan, Kanada, Samoa en Tonga te staan kom. Sedert 2016 neem die Verenigde State ook deel aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Chili, Kanada en Uruguay.